|
- Ry uit Vaalwater op die Modimolle (Nylstroom) pad.
- Draai by die derde klein grondpad na die begraafplaas, REGS af na die Groenfonteinplotte. (Hierdie afdraai is so 4km uit Vaalwater.)
- 900 m verder ry jy oor die Mogolrivier.
- 1,1 km verder kry jy 'n T-aansluiting. Draai REGS.
- 300 m verder split die pad. Draai LINKS.
- 800 m verder is Soli Deo Gloria aan jou linkerkant. Hou egter reguit aan.
- Draai REGS by die 4-rigting kruising (wat 500 m anderkant Soli Deo Gloria se afdraai is).
- 1,5 km verder draai die pad natuurlik na links, en nog 1,5 km draai die pad weer effens na links. Hou steeds net reguit aan.
- Nog 500 m verder is GENADEDAL se ingang aan jou regterkant.
- Volg die grondpad tot by die skuifhek. Hierdie hek word per hand oop- en toegemaak!
- Ry uit Modimolle op die Vaalwater pad.
- Omtrent 50 km vanaf Modimolle le MASHUDU op jou regterkant. Gaan oor die nek. Die Heuningfonteinpad is op jou regterkant.
- Hou reguit aan. Sodra jy Vaalwater Vervoer kry, moet jy stadiger gaan.
- Kort na Vaalwater Vervoer draai 'n pad na LINKS. Daar is 'n groot wit bord met oranje en groen skrif wat se: GROENFONTEIN PLOTTE. (Daar is ook 'n naambord vir RIVER VALLEY GUEST HOUSE.)
- Ry oor die treinspoor, en volg die pad na REGS.
- 'n Ent verder ry jy oor die Mogolrivier.
- 1,1 km verder kry jy 'n T-aansluiting. Draai REGS.
- 300 m verder split die pad. Draai LINKS.
- 800 m verder is Soli Deo Gloria aan jou linkerkant. Hou egter reguit aan.
- Draai REGS by die 4-rigting kruising (wat 500 m anderkant Soli Deo Gloria se afdraai is).
- 1,5 km verder draai die pad natuurlik na links, en nog 1,5 km draai die pad weer effens na links. Hou steeds net reguit aan.
- Nog 500 m verder is GENADEDAL se ingang aan jou regterkant.
- Volg die grondpad tot by die skuifhek. Hierdie hek word per hand oop - en toegemaak!
|
|