Vaalwater Accommodation Limpopo
Vaalwater Self Catering AccommodationSelfcatering Vaalwater AccommodationVaalwater Accommodation and LodgeVaalwater Accommodation Prices and ConditionsDirections to Vaalwater AccommodationContact Vaalwater Self Catering Accommodation
Link to Genadedal Self Catering Accommodation Link Exchange
 
Tuis

Genadedal Self Sorg Verblyf

Skaars 2 ure se ry uit Pretoria, is GENADEDAL....geleë in die hartjie van die Waterberge, op 'n 22 ha bosveldplasie net buite Vaalwater in Limpopo. Vaalwater lê tussen Ellisras (Lephalale) en Nylstroom (Modimolle). Kom ontspan met die hele gesin en sommer familie met niggies en nefies in 'n veilige omgewing....sonder sorge, bekommernisse en die stad se gejaag! 'n Bekostigbare wegbreek vir die hele familie!

GENADEDAL is 'n voëlparadys met 'n oorvloed van stilte, rustigheid en natuurlewe....'n heerlike, bekostigbare bosveld-verkwikking in 'n malaria-vrye gebied.

Die grasdak lodge bestaan uit 6 chalets, 'n groot lapa, 'n pragtige boma en braai-area en 'n heerlike koel swembad vir die warm somersdae. Die oorvloedige mango-boord bied 'n heerlike landelike atmosfeer waar vars vrugte gepluk kan word!

Al die fasiliteite op GENADEDAL is bedoel vir 'n selfsorg-wegbreek waar groepe/gesinne/families heerlik kan saamkuier en hul eie tyd en pas bepaal. Niks of niemand sal jou aanjaag nie. Geniet dus die rustigheid en stilte, weg uit die stad en lewe se gejaag.

'n Minimum van 16 mense kan geakkommodeer word. En as daar meer kinders in die groep is, kan tente en opblaasmatrasse ingespan word om 'n veilige uitkamp-avontuur te verseker! 'n Waskamer op die perseel maak dit baie gerieflik vir mense wat langer as net 'n naweek wil wegbreek.

Vaalwater Selfcatering Accommodation

GENADEDAL het 'n inwonende black shouldered peahen en 'n nonnetjiesuil wat vir ons baie spesiaal is.

Kinders geniet die plaas-wegbreek omdat hul na hartelus in die oulike pophuis kan speel. Die hasies en kuikens gee hul kans om te voel en te vat, en daar is heerlik geleentheid om fiets te ry en te stap in die bos tussen die bokke.

GENADEDAL is geleë in een van die veiligste areas in Suid-Afrika.