Vaalwater Accommodation Limpopo
Vaalwater Self Catering AccommodationSelfcatering Vaalwater AccommodationVaalwater Accommodation and LodgeVaalwater Accommodation Prices and ConditionsDirections to Vaalwater AccommodationContact Vaalwater Self Catering Accommodation
Link to Genadedal Self Catering Accommodation Link Exchange
 

Selfsorg Verblyf


GENADEDAL kan ten minste 16 mense akkommodeer. Daar is 6 grasdak chalets om uit te kies – elkeen met sy eie unieke karakter. Die groot lapa is 'n heerlike kuierplek....uit die reën indien nodig, maar ook lekker koel vir die warm somersdae.

 

BLESBOK
Blesbok is 'n pragtige 2-slaapkamer chalet met een badkamer, bestaande uit 'n stort, bad, toilet en wasbak. Blesbok se een slaapkamer is toegerus met 'n dubbelbed, en die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens. Blesbok het 'n gesellige kuiervertrek wat bestaan uit 'n sitkamer en kombuis. Die kombuis is volledig toegerus met stoof, yskas, mikrogolfoond en als wat daarmee saamgaan.

 

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

 

VOLSTRUIS
Volstruis is 'n rustige 2-slaapkamer chalet met een badkamer, bestaande uit 'n stort, bad, toilet en wasbak. Volstruis se een slaapkamer is toegerus met 2 driekwart beddens, en die ander slaapkamer is toegerus met 3 driekwart beddens. Volstruis het 'n gesellige en kleurvolle kuiervertrek wat bestaan uit 'n sitkamer (waar nog 'n driekwart bed dien as 'n slaapplek of as 'n lekker bank) en kombuis. Die kombuis is volledig toegerus met tweeplaat stofie, yskas, mikrogolfoond en als wat daarmee saamgaan.

 

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

 

Duiker
Duiker is 'n groot, kleurvolle eenslaapkamer vertrek met eie stort, toilet en wasbak. Duiker se gaste gebruik 'n gesamentlike kombuis wat by die boma geleë is.

 

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

 

Vlakvark
Vlakvark is 'n gesellige slaapkamer met 'n dubbelbed. Vlakvark se gaste gebruik 'n gesamentlike ablusiegerief en kombuis by die boma.

 

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

 

Rooibok
Rooibok is 'n kleurvolle slaapkamer met 'n dubbelbed. Rooibok se gaste gebruik 'n gesamentlike ablusiegerief en kombuis by die boma.


Alle chalets is toegerus met 'n ketel en koffiebekers....vir lekker laat slaap en koffie drink sodra die voëltjies jou wakker maak! Die chalets is ingerig vir SELFSORG doeleindes. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar swemhanddoeke moet self voorsien word.


Kliek vir groter foto

GENADEDAL beskik ook 'n waskamer waar wasgoed gewas kan word. Bring dus gerus wasgoedseep en versagmiddel saam indien nodig!

 

Kliek asseblief op die fotos om hulle te vergroot