|
Ons verhuur graag GENADEDAL as 'n geheel uit vir 'n groep vriende / familie / kennisse.
Tariewe vir die lodge as 'n geheel is as volg:
- Weeksdae: R 1,000-00 per nag (wat R 63-50 pppn beloop – vir 16 persone)
- Naweke: R 1,750-00 per nag (wat R 109-37 pppn beloop – vir 16 persone)
- Vakansietye: R 2,500-00 per nag (wat R 156-25 pppn beloop – vir 16 persone)
Praat met bestuur oor tariewe indien u nie die hele lodge wil bespreek nie.
- Ongelukkig word geen krediet- of debietkaarte, of tjeks aanvaar nie – slegs kontant en elektroniese bankdeposito's word aanvaar.
-
Sleutels word nie uitgegee tensy die akkommodasie ten volle vereffen is nie.
-
Die akkommodasie word verhuur op eie risiko, en voetstoots. Die reg van toegang word voorbehou. Bestuur behou ook die reg om die binneversiering van die chalets te enige tyd te verander.
-
Slegs die ooreengekome aantal persone word per chalet toegelaat. 'n Ekstra bedrag word gehef vir addisionele persone.
- Geen troeteldiere word toegelaat nie, tensy anders met bestuur gereël, omdat poue en ander diere op die perseel rondloop.
-
Linne en handdoeke word voorsien. Bring eie swemhanddoeke saam indien die swembad gebruik word.
-
Die swembad word op eie risiko gebruik.
-
Alle eenhede word uitverhuur op 'n selfsorg-basis. Duiker, Vlakvark en Rooibok se gaste het die geleentheid om 'n gesamentlike kombuis te gebruik.
-
Rook is te alle tye VERBODE binne die eenhede .
- Die omgewing en plaas is BAIE veilig. Sedert ons die eiendom oorgeneem het, het ons deur die Genade nog geen misdaad hier beleef nie. MAAR ons bly steeds in Suid-Afrika, en daarom maan ons ons gaste om maar liefs vensters toe te maak en deure te sluit indien die lodge bedags verlaat word, en snags. Ons leuse is: “Rather safe than sorry!”
-
Meublement en matrasse mag nie IN en UIT die chalets gedra word nie. Dit beskadig die meubels. Matrasse mag ook onder geen omstandighede naby die vuur gebring word nie.
- Skade wat GENADEDAL ly, sal verhaal word vanaf die gaste se sleuteldeposito wat betaalbaar is by aankoms.
- Die in- en uitgangshek na GENADEDAL moet te alle tye toe gehou word sodat die wild nie kan uitbeweeg nie.
|